Bomontploffing by Colombiaanse polisiestasie
2011-12-31 12:15
Bogota – ‘n Bom het by ‘n polisiestasie in die suide van Colombia ontplof en twee mense is glo in die ontploffing dood.
Die ontploffing het Vrydagaand by die polisiestasie in Orito plaasgevind.
‘n Amptenaar van die dorp, Rosa Ortega, sê daar is berigte dat twee mense dood is, insluitende die vrou van ‘n polisiekaptein en ‘n seun.
Sy het gesê die hoeveelheid oorledenes en beseerdes is nog nie bevestig nie.
Die Colombiaanse radiostasie Caracol het berig dat twee mense in die ontploffing dood is en dat 17 beseer is.
RCN-radio het berig dat iemand ‘n pakkie by die polisiestasie ingegooi en toe gevlug het. Volgens RCN is meeste van die beseerdes polisiebeamptes.
Die dorp is geleë in die streek waar rebelle en dwelmhandelaars ‘n sterk teenwoordigheid het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP