Bommers teiken Amerikaanse weermag
2010-04-07 17:32
Kaboel – Een Afgaanse burger is dood en 15 ander is beseer nadat ‘n selfmoordbommer ‘n Amerikaanse militêre konvooi in Mostofeyat in oostelike Afganistan aangeval het, het beamptes gesê.
Volgens Ahmad Zia Abdulzai, ‘n woordvoerder vir die provinsiale goewerneur, het ses mense ligte beserings opgedoen terwyl die ander nege in ‘n ernstige toestand in die hospitaal is.
Volgens Abdulzai het die militêre beamptes nie seergekry nie, maar een van die voertuie in die konvooi is beskadig.
Vyf Taliban rebelle is ook Woensdag in die suidelike provinsie van Helmand dood nadat hul eie bom wat langs ‘n pad geplant was te vroeg ontplof het, het die ministrie gesê.
- Sapa-dpa