Bomme ontplof by Ikea-winkels
2011-05-31 09:52
Ghent – Ikea-winkels in België en Nederland het bomdreigemente ontvang voordat skadelose ontploffings by beide meubelwinkels plaasgevind het.
Kopers en werkers by die winkel in Ghent, België, is Maandagaand ontruim nadat ‘n bomdreigement gemaak is.
Volgens die Belgiese nuusagentskap Belga het ‘n wekker, luidens die polisie, by die toneel ontplof.
Die wekker is beskryf as ‘n model wat nie deur Ikea verkoop word nie. Dit was waarskynlik deur ‘n onbekende oortreder in die winkel gelos.
Die polisie sê daar was ‘n aparte bomdreigement by ‘n Ikea-winkel in Eindhoven, Nederland, aangemeld.
Belga berig dat ‘n klein ontploffing in ‘n vullisblik buite dié gebou aangemeld is.
Niemand is in die voorvalle beseer nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA