Bommakers dood 2 in Russiese hotel
2010-09-09 13:50
Makhachkala, Rusland - 'n Werknemer van 'n hotel en nog 'n persoon is doodgeskiet deur mans wat 'n bom in hul hotelkamer wou maak, het die polisie in Rusland se gewelddadige republiek van Dagestan gesê.
Vyacheslav Gasanov, woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, het gesê die skietery het Woensdagaand in die hoofstad Makhachkala plaasgevind.
Gasanov het gesê drie gewapende mans het ná 'n ontploffing uit 'n kamer uit die klein hotel gevlug en 'n hotelklerk en nog 'n persoon wat hulle konfronteer het, doodgeskiet.
Hy het gesê die polisie het bomme en ses granate in die kamer gevind.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP