Bomaanval in Pakistan eis 20
2009-11-02 09:34
Rawalpindi, Pakistan - Twintig mense is dood nadat ‘n selfmoordbomaanvaller Maandag op ‘n motorfiets deur ‘n ry mense gejaag het wat salarisse naby ‘n vierster hotel in Rawalpindi, Pakistan, afgehaal het, het amptenare gesê
“Die selfmoordbomaanvaller het op ‘n motorfiets gery en naby mense wat salarisse afgehaal het ontplof. Ons het liggaamsdele van die aanvaller gevind,” het ‘n senior polisie-amptenaar, Aslam Tarin, gesê.
“Ten minste 20 mense is dood en meer as 20 is beseer,” het hy bygevoeg.
Die ontploffing het naby ‘n hotel en Pakistan se weermag-hoofkwartiere plaasgevind.
Sajid Khan, een van die getuies, het aan die privaat Dunya TV-kanaal gesê dat hy in die omgewing gery het toe hy die ontploffing gehoor het.
“Dit was ‘n reuse-ontploffing. Dit was naby die Algemene Poskantoor op Mallstraat. Ek het gesien hoe rook by een van die geboue uitkom. Ek het versnel om weg te kom,” het Khan gesê.
‘n Golf van millitante aanvalle het Pakistan in die laaste paar weke getref. Meer as 300 mense et verlede maand in aanvalle gesterf.
- Sapa-AFP