Bomaanval by moskee eis 10
2011-04-28 23:00
Aquba (Irak) - ‘n Selfmoordbomaanvaller het homself binne ‘n Sjiïtiese moskee in sentraal-Irak opgeblaas en tien mense dood gelaat, te midde geweld landwyd Donderdag waarin 16 mense dood is.
Daar is slegs maande oor voordat Amerikaanse troepe geheel en al uit die land moet onttrek. ‘n Reeks Amerikaanse beamptes het vandeesmaand in Bagdad aangedoen om te vra of Irak wil hê Amerika moet hul militêre teenwoordigheid voortsit.
In Donderdag se dodelikste aanval het ‘n selfmoordbomaanvallers sy toestel laat ontplof in die middel van ‘n skare aanbidders binne die Imam al-Hussein-moskee in Baladruz, sowat 75 kilometer noordoos van Bagdad.
Minstens 10 mense is in die aanval dood en 30 ander is beseer.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP