Bom op bus ontspoor nie koningin se besoek

2011-05-18 08:55
Tweets Share Share line Print

Dublin. – ’n Saamgeflanste bom op ’n bus net buite die Ierse hoofstad het koningin Elizabeth II van Brittanje nie van stryk gebring nie.

Volgens The Telegraph is die bom in die bagasieruim gekry van ’n bus in Maynooth in die Kildare-distrik, net wes van Dublin. Dit is gisteroggend vroeg onskadelik gestel.

Dit is die eerste besoek deur ’n Britse monarg aan Ierland sedert dié land in 1921 onafhanklik geword het.

Die doel is om te wys hoe eeue se vyandigheid nou vervang is deur ’n sterker, vriendeliker verhouding.

Die koningin word vergesel deur haar man, die hertog van Edinburg. Die monarg is by die Casement-vliegveld verwelkom deur mnr. Eamon Gilmore, Ierse minister van buitelandse sake. Die vliegveld is genoem na ’n Britse diplomaat wat in 1916 tereggestel is omdat hy die Iere se nasionalistiese strewe ondersteun het.

Sy is seremonieel verwelkom deur pres. Mary McAleese, ’n Katoliek van Noord-Ierland en aktivis vir beter betrekkinge tussen die twee lande.

Die ontmoeting is gevolg deur ’n noenmaal van geroosterde tarbotvis en tradisionele Ierse aar­tappelpannekoek.

Die koningin het ’n erewag voor die presidentswoning inspekteer en het ’n kanonsaluut van 21 skote gekry.

Dié woning is die voormalige tuiste van die onderkonings wat die Britse beheer oor Ierland gevoer het.

Inwoners van Dublin het hul misnoeë getoon met die bom.

“Dis sleg. Hulle sleep ons terug na die donker eeue,” het mnr. Tom O’Neill, ’n 34-jarige verkoopman, gesê. “Daar is mense in die land wat die hele Engelse ding agter hulle moet sit. Hulle is ons bure.”

Militante nasionaliste wat gekant is teen die Britse beheer oor Noord-Ierland het vermoedelik die bom geplant.

Die vierdaagse Britse besoek word gekenmerk deur Ierland se grootste veiligheidsoperasie tot dusver. Strate oor die hoofstad heen is afgesper, kilometers lange versperrings is opgerig en sowat 4 000 polisielede en 2 000 soldate patrolleer die middestad.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.