Bom ontplof in Berlynse park
2011-08-15 12:23
Berlyn – ‘n Man het ernstige beserings opgedoen toe ‘n bom in ‘n park in Berlyn, Duitsland, ontplof het, het die polisie Maandag gesê.
Heidi Vogt, ‘n polisiewoordvoerder, sê ‘n man het Sondag met sy hond in ‘n park gaan stap toe die voorval gebeur het.
Die bom het binne ‘n plastieksak langs ‘n bankie in die park ontplof toe die man dit opgetel het, het sy gesê.
Die man is ernstig beseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie wou geen inligting oor die man of die soort plofstof verskaf nie.
Vogt het bygevoeg dat ‘n soortgelyke sak met ‘n bom in Mei in dieselfde buurt gevind is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP