Bom ontplof by kerk, beseer 20
2011-08-02 23:06
Bagdad – ‘n Motorbom het buite ‘n katolieke kerk in Kirkuk, Irak Dinsdag ontplof en ten minste 20 mense beseer, het amptenare in die land gesê.
Die aanval het in die woonbuurt Shatterlo in Kirkuk plaasgevind, het ‘n polisielid, wat verkies om anoniem te bly, gesê.
Die bom het werknemers van die Holy Family-kerk en mense in nabye huis beseer.
Die ministerie van binnelandse sake het gesê 24 mense is beseer.
Verskeie huise en die kerkgebou self is beskadig, het die polisielid gesê.
Kirkuk is ‘n etnies verdeelde stad sowat 240 km noord van Bagdad.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.