Bom ontplof by hof in Pakistan
2011-05-10 08:27
Pesjawar – Twee polisiekonstabels is dood en vyf ander mense is beseer in ‘n bomaanval wat ‘n hof in die noordweste van Pakistan geteiken het, het die polisie gesê.
Volgens die polisie het die oorledenes ‘n vroulike polisiebeampte ingesluit.
Die ontploffing het Dinsdag by ‘n hoofhek van ‘n hofgebou in die stad Nowshehra plaasgevind.
“Dit was ‘n bomontploffing. Twee polisiekonstabels, insluitende ‘n polisievrou, is dood en vyf ander is gewond,” het Qureish Khan, polisiehoof van Pakistan se Nowshera-distrik, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP