Bom naby kerk gevind

2011-04-21 21:00
Tweets Share Share line Print

Jakarta - Indonesië het Donderdag gesê dié land is op hoë waaksaamheid kort voor die Paasnaweek nadat die polisie verdagtes in hegtenis geneem het in verband met ‘n reeks “boek-bomme” en ‘n gefnuikte aanval op ‘n kerk in Jakarta.

Die koördinerende Minister vir Politieke, Geregtelike en Veiligheidsake, Djoko Suyanto, het gesê die president “het die weermag, polisie en mense wat daarvoor omgee om teen terrorisme te veg instruksie gegee om veiligheid in die land te verseker in die aanloop tot Paasfees”.

“Van vannag tot en met Opstandingsdag sal die polisie op hoë waaksaamheid wees in aangewese gebiede,” het Suyanto gesê.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, Anton Bachrul Alam, het die teenterreur-polisie altesaam 19 mense in hegtenis geneem.

Die “boek-bomme” is na verskeie adresse gestuur, insluitende dié van liberale Moslemfigure en ‘n teenterreur-beampte, maar niemand is dood in dié aanvalle nie.

Nóg ‘n bom in ‘n pakkie is Donderdagoggend naby ‘n kerk in Serpong, in die buitewyke van Jakarta, gevind, het ‘n plaaslike polisiehoof, Heribertus Ompusunggu, aan AFP gesê.

“Die bom is op ‘n leë erf met ‘n gaspyp wat onder die grond loop, gelos,” het hy gesê.

Die 19 mense wat in hegtenis geneem is, word verbind met ‘n selfmoordbomaanval by ‘n moskee in die plaaslike polisie-hoofkwartiere in Cirebon.

Die aanvaller, wat sy bom laat ontplof het tydens Vrydag-gebede, is op slag dood en het 30 mense beseer.

Dit was die eerste selfmoorbomaanval binne ‘n moskee in die land met die grootste Moslem-meerderheid ter wêreld.

Indonesië is in onlangse jare geteister deur ‘n reeks aanvalle deur die terreurnetwerk Jemaah Islamiyah, wat onder meer vir die 2002-bomaanvalle in Bali, waarin 202 mense dood is, verantwoordelik is.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: indonesië  |  bomaanvalle  |  terreur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.