Bom eis twee polisiebeamptes
2009-12-11 19:47
Kaboel – ‘n Selfmoordbomaanval het die lewens geëis van twee polisiebeamptes en drie burgerlikes, het die polisie in Afganistan gesê.
Volgens genl. Dawlat Khan, polisiehoof in die Paktika-provinsie, is nog vyf beamptes en sowat 16 burgerlikes ook Vrydagmiddag in die ontploffing beseer.
“Die ontploffing het in ‘n besige area in Sharan plaasgevind. Na bewering het die selfmoordbomaanvaller op ‘n motorfiets deur die skare gejaag en die bom geaktiveer.”
–Sapa, AP