Bom eis nóg drie in Afganistan
2011-12-03 17:13
Kaboel – Drie lede van Navo se Internasionale Sekerheidsbystandsmag (Isaf) is Saterdag dood na 'n bom langs 'n pad in die ooste van Afganistan ontplof het, het amptenare gesê.
Isaf het nie gesê wat die troepe se nasionaliteit was nie, en het ook nie verdere inligting oor die voorval gegee nie.
"Drie lede die Internasionale Sekerheidsbystandsmag is dood ná 'n aanval met 'n handgemaakte ploftoestel vandag in die ooste van Afganistan," het 'n woordvoerder van Isaf gesê.
Dié voorval bring die dodetal onder troepe van die koalisie wat in Afganistan veg, nou op altesaam 542 te staan.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP