Bom eis 12
2009-08-03 07:44
Herat, Afghanistan – Minstens 12 mense is dood en 26 ander is beseer toe ‘n bom in Afghanistan se westerlike Herat-provinsie Maandag ontplof het.
Volgens ‘n woordvoerder, Qari Mohammad Yousuf, is die Afgaanse Taliban, wat gesweer het om die presidensiële verkiesings te ontwrig, verantwoordelik vir die aanval. Die distrik se polisiehoof, Khoja Issa was die hoofteiken van die bomaanval.
Geweld in Afghanistan het die afgelope maand drasties toegeneem terwyl die land voor berei vir die verkiesings op 20 Augustus.
- Sapa