Bom eis 10 buite moskee
2009-08-07 13:44
Mosul, Irak - Minstens 10 mense is dood toe ‘n motorbom Vrydag buite ‘n moskee in die noordelike stad van Mosul in Irak, ontplof het.
Volgens ‘n dokter in die streek, Hekmet Sobhi, het die bom afgegaan terwyl aanbidders die moskee na die afloop van hulle weeklikse gebede, verlaat het.
Verdere inligting oor die aanval is nog nie bekend nie.
-Sapa