Bom dood twee kinders
2009-11-24 11:30
Kaboel – Drie mense, waaronder twee kinders, is dood nadat ‘n afstandbeheerde-bom in Khost, in die ooste van die Afgan-provinsie afgegaan het, het die minister van binnelandse sake gesê.
Die bom was in die watertenk van ‘n vragmotor versteek. Twee ander kinders en ‘n man is ook in die voorval beseer.
Wazir Pacha, woordvoerder vir die provinsiale polisiehoof van Khost het gesê owerhede is besig met ‘n ondersoek om vas te stel wat die teiken was.
Taliban geweld teenoor Amerika, Navo-soldate en Afgan-burgers is aan die toeneem.
Millitêre beamptes verwag dat pres. Barack Obama binnekort ‘n besluit sal neem om tussen 32 000 en 35 000 Amerikaanse magte na die 8 jaar lange konfik wat in die land heers, te ontplooi.
- Sapa-AP