Boeke oor demone met kerkbrande verbind
2010-02-25 11:49
Dallas – Boeke oor demone en ateïsme, asook vuurwapens en messe, is in ’n huis van een van die verdagtes in 'n brandstigting-saak in Texas aangetref, lui hofstukke.
Sowat 11 kerke het vanjaar in Texas afgebrand en brandstigting word vermoed.
Jason Robert Bourque (19) en die 21-jarige Daniel George McAllister was op ‘n enkele aanklag van brandstigting in hegtenis geneem.
Die leesstof is Sondag in Bourque se huis in die woonbuurt Grand Sline aangetref nadat hy met die brandstigting verbind is.
Bourque het glo graffiti agtergelaat wat met een van die brande in die badkamer van ‘n stoor verbind is.
Die twee verdagtes se regverteenwoordigers was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
- Sapa