Blonde bom roof bank
2009-08-19 20:35
Parys - ‘n Jong, blonde meisie het haar twee vriende gehelp in ‘n poging om ‘n bank in Parys te beroof.
Die 17-jarige meisie, geklee in ‘n vleiende wit somersrokkie het haar pad geflankeer tot in ‘n beperkte area van die bank, en toe ‘n geweer uit geruk en werkers beveel om haar twee vriende in die area in te laat.
Volgens die polisie wou die drie oortreders die kluise waarin kliente hulle waardevolle besittings toesluit, roof, maar het hulle te laat agter gekom dat die bank nie so ‘n diens lewer nie.
Polisie het vinnig op die toneel opgedaag en die drie tieners het deur die nooduitgang probeer vlug. Die meisie en ‘n ander verdagte is gevang en die derde persoon is vinnig opgespoor en ook in hegtenis geneem.
Polisiebeamptes sê hulle is nie verras deur die tieners se optrede nie en dat die hoeveelheid jong vrouens wat met geweldadige misdaad betrokke raak sedert 2003 verdubbel het.
- Sapa