Blogger mag nie land verlaat

2009-10-13 05:24
Tweets Share Share line Print

Havana, Kuba – ‘n Blogger van Kuba, wat ‘n internasionale sensasie geword het vir haar eerlike kritiek oor haar land se kommunistiese sisteem, het gesê dat die regering Maandag geweier het om haar toestemming te gee om New York toe te gaan om ‘n top-joernalistieke toekenning te ontvang.

Yoani Sanchez het gehoop om na Columbia Universiteit te gaan om haar Maria Moors Cabot Prys, die oudste internasionale toekenning in joernalistiek, te ontvang.

“Immigrasie het sopas bevestig dat ek verbied is om die land te verlaat,” het sy op haar “Generation Y” blog gesê.

Die regering het niks bevestig nie, maar die Kubaanse owerhede lewer bykans nooit kommentaar oor sulke onderwerpe nie.

Reynaldo Escobar, Sanchez se man, wat sy eie blog gebruik om kritiek te lewer oor die alledaagse lewe in Kuba, het in ‘n telefoon onderhoud gesê dat sy vrou die oggend spandeer het om haar reisversoek met immigrasie-amptenare te bespreek.

Sy het daarna die inskrywing op haar blog gemaak.

In Mei het die Kubaanse owerhede Sanchez verhoed om Madrid toe te vlieg om die Ortega v Gasset Prys vir digitale joernalistiek te ontvang vir die ontwikkeling van “Generation Y”, wat meer as een miljoen besoekers ‘n maand ontvang.

Sy is rondom dieselfde tyd deur Time tydskrif as een van die wêreld se 100 mees invloedryke persone aangewys.

Sanchez gebruik “Generation Y”, wat in April 2007 begin is, om eenvoudige maar fassinerende insigte oor moderne Kuba te gee en sy is nie bang om die land se totalitêre sisteem, die armoede of die kroniese lae moraliteit en wanindruk wat talle burgers sukkel om te oorkom,  te kritiseer nie.

Sy is een van die min Kubane wat dit waag om Kuba se een-party regering so openlik af te keur en sy het meer navolgers af van die eiland as op dit.

Internet toegang na haar blog is dikwels in Kuba geblok en Sanchez blameer die regering.

Hulle het geweier om kommentaar te lewer.

 - Sapa



 

Lees meer oor: kuba  |  blog

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.