Blogger blameer Rusland

2009-08-08 16:10
Tweets Share Share line Print

Tbilisi- ‘n Blogger bekend as "Cyxymu" het Rusland Saterdag blameer vir die reuse-kuberaanval wat miljoene internetgebruikers wêreldwyd verhoed het om webtuistes soos Twitter en Facebook te besoek.

Die blogger, wie se blog die teiken van die aanval was, het aan AFP gesê dat Rusland agter die aanval sit.
 
Die internet-sekuriteitsmaatskappy, F-Secure, het Vrydag bevestig dat Cyxymu die teiken van die aanval was. 

Cyxymu se regte naam is Giorgi. Hy is ‘n dosent in ekonomie aan die Tbilisi Universiteit. “Dit sal baie geld kos om ‘n aanval van hierdie aard te loods. Daarom dink ek Rusland was betrokke,” het die 34-jarige blogger gesê.

Die man wou egter nie verduidelik waarom ‘n kuberaanval soveel geld kos nie en hy wou ook nie bekend maak waarom hy Rusland verdink van die daad nie.

“Ek is nie seker waarom ek die teiken van die aanval was nie. Maar dit is ‘n bewys dat ek besig is om iets baie belangrik te doen.”

Sosiale netwerke soos Twitter en Facebook was Donderdag en Vrydag tydelik geaffekteer deur die aanval.

Volgens ‘n woordvoerder van Facebook het hulle reeds die probleem geïdentifiseer en funksioneer meeste van hulle dienste weer soos normaal.

Hoe werk ‘n kuberaanval:


Dié soort aanval staan bekend as 'n ‘verspreide dienswyering’-aanval, oftewel DDos-aanval. 

In sulke aanvalle word bedieners in so ’n mate deur nuttelose kommunikasie-aanvrae oorweldig dat die bedieners later net dié aanvrae beantwoord.

Die aanvalle word tipies vanaf reuse-informele netwerke gedoen. Sulke netwerke kan georganiseer of met behulp van virusse ondergronds geskep word.

Virusse word dan byvoorbeeld wêreldwyd versprei en op ’n gegewe tyd word almal wat aktief is op rekenaars ingespan om gelyk en deurlopend eenvoudige data van gekose teikens aan te vra.

Baie keer weet sulke gekompromitteerde rekenaars se base nie eens hul rekenaars word hiervoor ingespan nie.

Om ’n klein data-aanvraag ’n uur lank uit te stuur is niks spesiaals nie. Dit is egter spesiaal as sulke aanvrae gelyk van ’n paar miljoen rekenaars kom.

–Sapa, AFP, Beeld

- AFP

Lees meer oor: facebook  |  twitter  |  kuberaanval

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.