Bloedige kinkel in stryd teen premier

2010-03-17 07:16
Tweets Share Share line Print

Sapa-AFP

Bangkok. – “Ek het dit gedoen om die gees van die stryd van Thailand se mense teen ongeregtigheid te wys,” het Chuleeporn Ruangsinprasert (52) Dinsdag gesê terwyl ’n spuitnaald, gevul met haar bloed, in ’n bottel by dié van medestryders gevoeg is vir gebruik in ’n morsige tentoonstelling van politieke weerstand.

Dié afgetrede universiteitswerker het haar by duisende ander betogers aangesluit wat op groot skaal hul bloed geskenk het sodat dit by die hek van die premier se kantoor gestort kon word.

“Hierdie is spesiaal, dit kom uit my hart uit. Ek wil my bloed vir die samelewing gee sodat ons nie langer deur die elite beheer word wat al die mag het nie.”

Duisende ondersteuners van die populistiese gewese premier Thaksin Shinawatra, in rooi geklee, het van 08:00 in die tou gestaan om hul bloed in tente in Bangkok te skenk.

Met die weiering van die premier, Abhisit Vejjajiva, ’n dag vroeër om in te stem tot vervroegde verkiesings, het die Rooihemde gistermiddag hul plan aangekondig om bloed te stort.

Meer as 50 mediese vrywilligers het hand bygesit om bloed by elke betoger te trek, wat eindelik sou deel uitmaak van ’n versameling bloed van 1 000F.

“Dit maak so ’n bietjie seer, maar dis oukei. Ek doen dit vir ons kinders, vir demokrasie,” het die 61-jarige rysboer me. Kumpong Wongchompu gesê. Sy het 450 km ver gereis om aan die betoging deel te neem.

Thaksin se regering is in 2006 in ’n staatsgreep omvergewerp en hy het in ballingskap gaan bly om ’n tronkvonnis vir korrupsie vry te spring.

Sy ondersteuners sê sy bewind is op onwettige wyse beëindig. Hulle is al maande in ’n uitgerekte reeks betogings betrokke teen ’n opponerende veldtog wat Thaksin nie goedgesind is nie.

’n Paar skenkers het gegril en tranerig gelyk terwyl hulle bloed geskenk het.

“Ek is bang vir naalde en ek kan nie bloed aanskou nie, maar ek doen dit vir demokrasie. Ek is lief vir Thaksin en ek is lief vir die Rooihemde,” het ’n verkoopsman Samrit Ruttapab (34) gesê terwyl hy weggekyk het toe die naald in sy arm gesteek is.

Suda Rangkuporn (44), ’n professor in linguistiek aan Bangkok se Chulalongkorn Universiteit, meen die bloedskenkings het die spel verander in Thailand se verdeelde politieke toneel.

“Hierdie is ’n politieke innovasie,” het sy gesê.

“Bloed het meer betekenis as net kleur. Bloed is lewe en ons gee dit vir demokrasie. Ons is gereed om ons lewe te gee vir demokrasie.”

- Die Burger

Lees meer oor: politieke onrus  |  thailand

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.