Bloed kook oor 'rassistiese' koekverkoping
2011-09-28 12:29
Berkeley – Studente van etniese minderheidsgroepe by ‘n elite Amerikaanse kollege in Berkeley, Kalifornië, het ‘n “rassistiese” koekverkoping op die kampus veroordeel.
Die koekverkoping is Dinsdag gehou om die rol van ras en geslag in universiteite se aansoekvorms aan te vat.
‘n Herrie het ontaard oor die verkoping wat die kollege se Republikeine by die Universiteit van Kalifornië gereël het.
Die klant se ras of geslag het bepaal hoeveel die student vir ‘n item betaal.
Die studentegroep beweer hul koekverkoping was ‘n satiriese betoging teen wetgewing wat openbare universiteite toelaat om ras en geslag in hul aansoekproses in ag te neem.
Talle studente het gesê die verkoping is rassisties en onsensitief.
Verskillende pryse
Witmense moes $2 (bykans R16) vir ‘n kolwyntjie by die koekverkoping opdok. Asiërs moes $1,50 (sowat R11) betaal terwyl Spaanssprekendes $1 (omtrent R8) betaal het. Swartmense moes $0,75 (R6) uithaal en inheemse Amerikaners moes $0,25 (R2) betaal. Vroue het ook $0,25 (R2) betaal.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP