Bin Laden se vroue, kinders kopseer vir Pakistan

2011-05-09 08:57
Tweets Share Share line Print

Islamabad – Amerikaanse ondersoekbeamptes fynkam tans ’n kosbare fonds rekenaardata en dokumente waarop in Osama bin Laden se huis beslag gelê is.

Intussen word die Pakistanse amptenare met ’n meer doodgewone taak gekonfronteer – wat om te doen met die doodgemaakte terreurleier se vroue en agt van sy kinders.

Pakistan se minister van buitelandse sake het Sondag gesê regeringsamptenare hou nog die vroue en kinders aan vir ondervraging en tot dusver het nog geen land hul uitlewering versoek nie.

Pakistan het Maandag toesig verkry oor Bin Laden se familielede nadat die Al-Kaïda-leier in ’n geheime Amerikaanse operasie in sy skuilplek in die noordwestelike stad Abbottabad doodgemaak is.

Onder hulle was Bin Laden se vrou, Amal Ahmed Abdoellfattah, wat in Jemen gebore is. Sy het Pakistanse amptenare vertel sy het in 2006 by die huis ingetrek en nooit die terrein verlaat nie.

’n Woordvoerder van Pakistan se buitelandse ministerie, Tahmina Janjoea, het gesê nie Jemen of enige ander land het die uitlewering van Bin Laden se familielede aangevra nie.

Pakistanse amptenare het nie onthul waar die familielede aangehou word nie, maar gesê hulle sal na hul land van herkoms teruggestuur word.

Die kinders se ouderdomme is nie bekend gemaak nie. Bin Laden het ’n vlugtelingslewe gelei, maar sy gesin pal naby hom gehou.

Een van sy seuns, Khalid, is in die aanval dood. Abdoellfattah, sy jongste vrou, is in die been gewond en na ’n militêre hospitaal geneem, het ’n Pakistanse militêre amptenaar gesê.

Een van sy dogters het toegekyk toe haar pa doodgemaak is. Abdoellfattah het glo vertel sy het sedert 2006 nooit die boonste verdiepings van die karig gemeubileerde huis verlaat nie. – Sapa-AP 

- Die Burger

Lees meer oor: osama bin laden  |  pakistan

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.