Bin Laden se familie in Iran gestrand
2010-07-19 10:26
Doebai - 'n Seun van Osama bin Laden het Sondag op Al-Arabiya-televisie gesê dat 20 lede van die al-Kaïda hoof se familie in Iran gestrand is.
Hulle is glo gestrand aangesien Tehran weier om hul toekoms met Saudi Arabië te bespreek.
"Ek dink dis tyd dat my familielede Iran verlaat, maar hul tekort aan identiteitsdokumente en paspoorte veroorsaak dat ons afhanklik is van nog 'n derdeparty-land wat bereid is om hulle te ontvang nadat Iran hulle toegang geweier en Saudi Arabië toe gestuur het," het Omar bin Laden gesê. Hy is die vierde seun van die globale rebelse netwerk se hoof.
Volgens Omar het sy broer, Othman, wat in Tehran aanghou word, hom gevra om 'n land te kry wat hul vrystelling sal verseker en hulle sal aanvaar.
Volgens die Arabiese nuuskanaal wat in Doebai gebaseer is, is daar sowat 20 lede van bin Laden se familie wat in Iran woon.
Daar word beweer dat hulle in Tehran woon waar hulle aangehou is nadat hulle uit Afganistan gevlug het na 11 September 2001 se aanvalle op die VSA.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP