Bin Laden-kasset lyk eg, sê owerhede
2010-10-29 14:00
Parys, Frankryk - 'n Bandopname van 'n man wat beweer dat hy Osama bin Laden is en Frankryk dreig, lyk eg, het die Franse ministerie van buitelandse sake Donderdag gesê.
In dié bandopname waarsku Bin Laden Frankryk om sy troepe uit Afganistan te onttrek en nie Moslems te onderdruk nie.
Die aanmaning kom in verwysing na die oorlog in Afganistan, onder leiding van die VSA, en ’n nuwe wet wat Moslem-gesigsluiers in Frankryk verbied.
Dié bandopname is vroeër vandeesweek deur die nuuskanaal Al-Jazeera uitgesaai.
Franse owerhede het gesê hulle beskou die waarskuwing in 'n "baie, baie ernstige lig".
Daar is 4000 Franse troepe ontplooi in of naby Afganistan.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter