Bin Laden, adjunk in Pakistan – Navo-beampte
2010-10-18 10:46
Kaboel, Afganistan – Osama bin Laden en sy adjunk, Ayman al-Zawahiri, skuil vermoedelik naby mekaar in huise in die noordweste van Pakistan, maar is nie by mekaar nie, het ‘n senior Navo-beampte gesê, berig CNN.
“Niemand in Al-Kaïda woon in ‘n grot nie,” het die beampte, wat verkies om anoniem te bly weens die sensitiwiteit van die inligting, gesê.
Al-Kaïda se top-leierskap leef eerder vermoedelik relatief gemaklik en word deur plaaslike inwoners en sommige lede van die intelligensiedienste in Pakistan beskerm, het die beampte gesê.
Lees meer by CNN.