Bin Laden: Vervolg Khaled, en ons moor
2010-03-26 11:26
Dubai - Osama bin Laden het gewaarsku dat Al-Kaïda Amerikaners sal moor as die vermeende meesterbrein agter die 2001 aanvalle op die VSA, Khaled Sheikh Mohammed, vervolg word.
Sheikh Mohammed en sy medepligtige sal glo deur die VSA vervolg word vir die 9/11 aanvalle. Bin Laden het op ‘n video-opname gewaarsku dat hulle duur sal betaal indien dit gebeur.
“Die Withuis het sy wens uitgespreek om Sheikh Mohammed en sy medepligtige te vervolg. Die dag wat die VSA hierdie besluit uitvoer, is die dag wat hulle aanvaar dat ons dieselfde sal doen as ons van hulle mense in die hande kry,” het Bin Laden gesê.
“Al-Kaïda wil niks behalwe haat versprei. Ons sal voortgaan met ons pogings om die groep te vernietig,” het Robert Gibbs, die Withuis se hoofwoordvoerder, gesê.
Lees meer by www.iol.co.za.