Bill Gates onttroon as rykste man
2010-03-12 03:40
Kaapstad - Bill Gates, stigter van die rekenaarmaatskappy Microsoft, is nie meer die wêreld se rykste man nie, selfs al het hy verlede jaar niks minder nie as £8,7 miljard ryker geword.
Dié titel behoort nou aan Carlos Slim Helu, 'n Mexikaanse telekommunikasiemagnaat.
Dit is die eerste keer in 16 jaar dat die gesogte titel deur iemand buite die VSA gehou word.
Lees die volledige storie hier.