Biden soek 'n 'verenigde Georgië'
2009-07-23 17:18
Tbilisi – Die VSA ondersteun ‘n “verenigde Georgië,” het Joe Biden, die VSA se vise-president Donderdag in ‘n besoek aan die voormalige Sowjetstaat gesê.
Dié staat moes na ‘n oorlog met Rusland verlede jaar grondgebied afstaan.
In ‘n toespraak aan Georgië se parlement het Biden gesê dat hy “een, eenvoudige boodskap aan Georgië wil gee: ons soek ‘n vry, veilige, demokratiese, verenigde Georgië.”
Na die oorlog tussen Rusland en Georgië in Augustus verlede jaar het Moskou twee rebelle-areas van Georgië, Abkhazia en Suid Ossetia, as onafhanklike state herken, wat veroordeling van oor die wêreld aangemoedig het.
Slegs Nicaragua het Rusland se leiding gevolg en die areas as onafhanklik herken.
VSA en basies alle Westerse lande het daarop aangedring dat Georgië se grondgebied gerespekteer moet word.
President Barack Obama het aangehou om Georgië se soewereiniteit oor die twee areas te ondersteun, terwyl hy ook poog om verhoudinge tussen die VSA en Rusland te verbeter.
- Sapa - AFP