Beweerde sluipmoord op redakteur misluk
2010-10-02 00:50
Rome – ‘n Sekuriteitswag het op ‘n gewapende man buite die huis van ‘n Italiaanse koerantredakteur geskiet ná ‘n beweerde mislukte sluipmoord, het polisiebeamptes Vrydag gesê.
Die wag, wat deel vorm van Maurizio Belpietro, redakteur van die dagblad Libero, se sekuriteit, het drie skote gevuur en die man by die trappe van die redakteur se woonstelgebou in Milaan afgejaag.
“Ek is al in die verlede gedreig, maar hierdie was baie meer as ‘n bedreiging,” het Belpietro op die Italiaanse televisiekanaal Rai Uno gesê.
Belpietro het verduidelik dat ‘n gewapende sekuriteitswag saam met hom na sy woonstel gegaan het toe die wag die aanvaller by die trappe sien.
Vincenzo Indolfi, Milaan se polisiehoof, het aan verslaggewers vertel dat die man ‘n geweer by hom gehad het, maar dat dit “vasgehaak” het toe hy die sneller trek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP