Betogers saai verwoesting ná verdagte se dood
2011-09-30 17:02
Colombo, Sri Lanka – Inwoners het Vrydag voertuie, motorfietse en ‘n gedeelte van ‘n polisiestasie op die buitewyke van Colombo aan die brand gesteek in protes teen die dood van ‘n verdagte terwyl hy in aanhouding was, het amptenare gesê.
Meer as 2 000 mense het vroeg Vrydagoggend op die polisiestasie in Dompe, 30 kilometer oos van die hoofstad, toegesak.
Die groep het minstens 16 polisievoertuie aan die brand gesteek, sowel as rekordboeke, meubels en ‘n gedeelte van die gebou voordat versterking ingestuur is om beheer by die polisiestasie oor te neem.
Die verdagte, wat op ‘n aanklag van inbraak in aanhouding was, is dood terwyl hy vervoer is om sommige van die items wat hy gesteel het te gaan haal.
Die polisie beweer dat die verdagte van die voertuig afgespring het, terwyl ander beweer hy is doodgeskiet en uitgestoot.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA