Betoger steek homself aan die brand
2011-11-10 13:37
Katmandoe – ‘n Man het homself Donderdag in die Nepalese
hoofstad aan die brand gesteek om teen China se beleid in die land te betoog.
Bystanders het nader gehardloop en die vlamme geblus in ‘n
gebied van Katmandoe waar baie Tibettaanse vlugtelinge woon.
Shyam Gyawali, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die man het na
die insident van die toneel af gevlug en die polisie het hom in 'n nabygeleë
woonbuurt probeer opspoor.
‘n Bystander, Chodon Lama, het gesê die man het hom by die
Boeddhistiese stupa Boudhanath aan die brand gesteek en slagspreuke teen China
uitgeskree.
Lama het gesê sy en ander bystanders het die vlamme vinnig
geblus en die man het nie ooglopend erge beserings opgedoen nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
- Sapa - AP