Betoger in Sirië doodgeskiet
2011-03-20 18:18
Daraa - Siriese veiligheidsmagte het Sondag losgebrand op betogers in die suidelike dorp Daraa en ‘n betoger dood gelaat, het ‘n menseregte-aktivis op die toneel gesê.
“’n Betoger is vandag doodgeskiet. Sy naam is Raed Akrad,” het die aktivis gesê. Hy het bygevoeg nóg twee mense het kopwonde opgedoen in die skietery en is in ‘n kritieke toestand.
Meer as 100 mense is vroeër beseer toe veiligheidswagte op duisende betogers losgebrand het met koeëls en traangas. Dit is die derde opeenvolgende dag van betogings in dié dorp.
Volgens die aktivis het die spanning in Daraa, waar vier betogers ook luidens berigte Vrydag doodgeskiet is, dié dorp in ‘n “vulkaan” verander.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP