Bestuurder vas ná vloede bus meesleur
2010-10-25 10:21
Hanoi, Viëtnam - 'n Busbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy waarskuwings ignoreer en 'n gebied wat deur vloede geteister word, binne gegaan en die bus meegesleur is, het beamptes Maandag gesê.
Minstens 20 mense is vermis of dood.
Die 35-jarige busbestuurder is Saterdag in hegtenis geneem omdat 'n verkeerswette verontagsaam het. Hy kan tot 15 jaar tronkstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word.
Die bus was onderweg vanaf die Dak Nong-provinsie na die noordelike provinsie van Nam Dinh toe dit in 'n sterk stroom vasgekeer is. Die polisie het die bestuurder gewaarsku om weg te bly van die die oorstroomde hoofweg.
Reddingswerkers het later die lyke van 15 passasiers gevind. Vyf ander mense is steeds vermis.
Die bestuurder en 17 ander passasiers kon na veiligheid swem.
Vloede het die lewens van minstens 75 mens in vier provinsies geëis.
Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA