Besluit oor boek van vermiste Maddie kom
2010-02-18 10:01
Kaapstad – Kate en Gerry McCann sal later uitvind of ‘n boek wat beweer dat hulle betrokke was by hul dogter se verdwyning, vir altyd verban sal word.
Goncalo Amaral, die gewese hoof-ondersoekbeampte in die saak van Madeleine McCann, probeer nou om ‘n tydelike interdik op sy boek te laat hersien, wat beweer Madeleine het in die familie se vakansiehuis gesterf, en haar ouers is besig om haar verdwyning te vervals.
Madeleine het in Mei 2007 uit ‘n vakansiewoonstel in Portugal verdwyn.
Amaral word nou deur die McCann’s vir £1 miljoen gedagvaar in ‘n aparte saak.
Vir die volledige storie, besoek sky.com