Besete meisie wat ma steek, vrygelaat
2011-05-25 20:01
Londen – ‘n Jong vrou, wat blykbaar besete was toe
sy haar ma herhaaldelik met ‘n mes gesteek het, is vrygelaat, berig IOL News.
‘n Regter het haar vrygespreek ná sy in haar
verdediging gesê het dat sy gereageer het op die instruksies van bose geeste.
Lorraine Mbulawa (20), het donker klere aangetrek, 'n tuisgemaakte
balaklava opgesit en handskoene gedra toe sy haar ma met ‘n kombuismes aangeval het.
Haar ma het wakker geskrik toe sy gesien het hoe 'n donker figuur met 'n mes in die hand op haar bed afstorm.
Die 43-jarige slagoffer het haarself gered
deur die mes te gryp, maar het ernstige snywonde op haar gesig en arms
opgedoen.
Mbulawa, wat 18 was toe sy haar ma aangeval
het, is tydens haar verhoor by Leicester Crown Court vrygespreek op aanklagte
van poging tot moord.
Sy word wel aangekla van aanranding.
Psigiaters het getuig dat sy nié kranksinnig was nie
en geweet het wat sy doen.
Mbulawa, wat in Zimbabwe gebore is, het
weggekom met ‘n opgeskorte vonnis van 12 maande en 120 uur onbetaalde
gemeenskapsdiens.
Haar pa is blykbaar ‘n ruk gelede oorlede en
Mbulawa het tydens die verhoor gesê dat bose geeste haar oortuig het dat haar
ma verantwoordelik was vir haar pa se dood.
Hulle het haar glo aangesê om haar ma in weerwraak
dood te maak.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.