Berlusconi wéér in omstredenheid gehul

2011-09-02 11:07
Tweets Share Share line Print

Napels – Silvio Berlusconi is gister opnuut in omstredenheid gedompel nadat ‘n sakeman wat in 2009 met ‘n prostitusie-saak verbind is, aangekeer is nadat hy na bewering die Italiaanse premier vir duisende euro afgepers het.

Giampaolo Tarantini, ‘n entrepreneur van die suide van Bari, en sy vrou, Angela Devenuto, is in hegtenis geneem nadat ondersoekers ontdek het Berlusconi het bykans ‘n half miljoen euro aan hom betaal.

‘n Lasbrief vir nog ‘n man, Valter Lavitola, wat volgens die vervolgingsgesag ‘n konsultant vir die verdediging- en ruimtevaartgroep, Finmeccanica is, is uitgereik.

Die in hegtenisnemings het die kollig opnuut op ‘n prostitusieskandaal wat in 2009 in die nuus was, geplaas toe die prostituut Patrizia D’Addario beweer het sy is betaal om partytjies by Berlusconi se woning in Rome by te woon.

Die nuwe aantygings kom in ‘n tyd wat Berlusconi se regering sukkel op ‘n gewysigde besnoeiingspakket vir die land af te handel om sodoende wêreldmarkte oor die stabiliteit van Italië se openbare finansies gerus te stel.

Napels se vervolgingsgesag het gesê die twee is ná ‘n breedvoerige ondersoek in hegtenis geneem.

“Daar is ernstige en konsekwente aanduidings van herhaalde kontantbetalings sowel as ander finansiële voordele wat Berlusconi aan die Tarantini-paartjie toegeken het,” het staatsaanklaers in Napels gesê.

Die betalings is met “versteekte of ondeursigtige metodes” gemaak, het ‘n verklaring gelui.

Berlusconi het geen kommentaar gelewer nie en was nie vanoggend by ‘n kabinetsvergadering teenwoordig nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Reuters

Lees meer oor: silvio berlusconi  |  italië

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.