Berlusconi se politieke dae is getel

2011-11-09 07:04
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die kans is oorweldigend dat die politieke loopbaan van Silvio Berlusconi, Italiaanse premier, Woensdag tot ’n einde sal kom.

Dit is die gevolg van ’n stemming Dinsdagmiddag laat in die Italiaanse parlement. Die stemming het oor ’n roetinesaak gegaan – die 2010-begroting – maar die plan was dat dit met ’n formele mosie van wantroue opgevolg sou word.

Altesame 308 parlementslede het ten gunste van die goedkeuring van die begroting gestem en geeneen daarteen nie. Tog was dit ’n toets, want 321 lede het buite stemming gebly. Die premier het dus sy meerderheid verloor.

Nou is die pad oop vir ’n formele mosie van wantroue wat waarskynlik aanvaar sal word.

Die stemming volg op ’n oproep van Berlusconi se getrouste bondgenoot in die regerende koalisie, mnr. Umberto Bossi, dat hy moet bedank en plek maak vir iemand anders. Bossi is die leier van die Lega Nord, een van die groot partye wat Berlusconi tot dusver deur dik en dun gesteun het.

Onmiddellik ná die stemming het nóg ’n bondgenoot van Berlusconi, Pier Luigi Bersani, leier van die Demokratiese Party, eweneens gesê die premier moet nou bedank.

Dit was Dinsdag nog onbekend wie Berlusconi sou opvolg.

- Uit Athene word verneem dat die Griekse politieke leiers ná ure van onderhandelings eenstemmigheid bereik het dat Giorgios Papandreou met onmiddellike ingang as premier deur Lucas Papademos, gewese visepresident van die Europese Sentrale Bank, opgevolg word. Hy is veronderstel om tot die verkiesing in Februarie aan te bly, maar blykbaar wil hy langer in die amp wees, lui berigte in die Europese media.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: silvio berlusconi  |  politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.