Berlusconi belowe om te bedank
2011-11-08 23:01
Rome – Silvio Berlusconi het belowe om uit sy pos as premier
van Italië te tree, sodra die parlement sekere ekonomiese hervormings aanvaar het, berig SkyNews.
Die Europese Unie dring daarop aan dat Italië
dié ekonomiese hervormingsmaatreëls toepas.
Die president van Italië, Giorgio Napolitano, het ‘n verklaring
uitgereik waarin hy sê die mediamagnaat bedank om te keer dat Italië bankrot verklaar word.
Berlusconi het vroeër ‘n kritieke verkiesing
in die laer huis van die parlement aangaande die land se begroting gewen.
Hy het egter terselfdertyd sy algemene
meerderheid verloor.
Daar is al ‘n geruime tyd druk op die premier
geplaas om uit sy pos te tree.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.