Berlusconi bedank
2011-11-13 08:06
Rome – Silvio Berlusconi, die omstrede en flambojante Italiaanse premier, het bedank.
Berlusconi, wat vir bykans twee dekades die politieke landskap in Italië oorheers het, is deur 'n reuse-skare in Rome uitgejou, toe hy Saterdag by die presidentskantoor aangekom het om sy bedanking in te dien.
Die presidensie het aangekondig dat sy bedanking aanvaar is.
Dit volg nadat die Laerhuis in die parlement die Europese Unie se ekonomiese hervormingsplan aanvaar het, het RSG berig.
Volg Nuus24 op Twitter