Bergklimmer val 18 m ver na sy dood
2012-01-17 12:01
Colorado – ‘n Bekende Amerikaanse bergklimmer wat boeke en talle artikels daaroor geskryf het, is dood nadat hy 18 m ver geval terwyl hy berggeklim het, het die polisiehoof in Colorado in Amerika gesê.
Bill Masters, polisiehoof van San Miguel, het gesê Jack Roberts (58) het sy heup tydens die val gebreek het en sy hart het tydens die reddingspoging gaan staan.
Roberts was tydens die voorval besig om die Bridal Veil Ice-waterval oos van Telluride in San Miguel uit te klim. Die reddingspan het vir sowat 40 minute probeer om sy hart weer aan die klop te kry.
Roberts het vir meer as 40 jaar berge uitgeklim en was ook ‘n gids en instrukteur.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP