Bekroonde offisier voor militêre hof gedaag
2011-06-13 21:59
Londen – ‘n Bekroonde offisier in die Britse leër is
voor die militêre hof gedaag ná geheime militêre dokumente by sy huis gevind is.
Die lêers is tydens ‘n ondersoek rondom Majoor Robert Armstrong se toekenning van die Militêre Kruis vir
braafheid, gevind.
Blykbaar het die offisier 189 elektroniese lêers,
wat hoogs geheime dokumente bevat, op ‘n geheuestokkie by sy huis gehad.
Regter Robert Hill het gesê dat indien die
dokumente in die verkeerde hande beland het, dit “verskriklike gevolge” vir
nasionale sekuriteit sou inhou.
Armstrong het in sy verweer gesê dat hy skoon
van die geheuestokkie vergeet het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP