Bejaarde ure lank in ambulans toegesluit
2009-11-01 10:30
Londen - 'n 65-jarige pasiënt van Manchester is vir langer as vyf uur in 'n ambulans toegesluit nadat die bestuurder hom daar "vergeet het".
Die ambulansbestuurder se skof was glo klaar toe hy die bejaarde dialise-pasiënt in dié ambulans, wat gebruik word om pasiënte na afsprake te vervoer, toesluit.
Die ambulansbestuurder wat hom by 'n tehuis moes aflaai, het glo van hom vergeet nadat hy reeds drie ander mense gaan aflaai het.
Hy was ná die voorval in 'n goeie toestand en het die voorval as "een van daardie dinge" bestempel.
Die ambulansbestuurder is intussen geskors.
– Sapa-dpa