Bejaarde op boot val per ongeluk in ysige see
2011-04-21 14:48
Kaapstad – ‘n Bejaarde vrou van Cumbria, Engeland, wat ernstig siek was, het van ‘n luukse skip in ysige seewater geval toe paramedici haar na ‘n reddingsboot wou oorplaas.
BBC berig dat Janet Richardson (73) langs die kus van Noorweë op die skip was toe sy siek geword het.
Richardson is eers aan boord behandel voordat paramedici ontbied is.
Daar word berig dat sy in die see geval het toe paramedici haar na ‘n reddingsboot wou oorplaas.
Richardson word tans in ‘n hospitaal behandel nadat sy sowat agt minute in die Arktiese Oseaan moes verduur. Daar word berig dat die water se temperatuur onder vriespunt was.
Volgens ‘n woordvoerder het Richardson aan inwendige bloeding gely.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.