Bejaarde met 362 wapens betrap
2011-02-09 22:00
Berlyn - Die Duitse polisie was Woensdag verstom om ‘n arsenaal, wat jaggewere en masjiengewere insluit, van 362 wapens by die huis van ‘n 83-jarige man te vind.
Die owerhede het ‘n klopjag op die man se huis in Beckingen, in die weste van Duitsland, uitgevoer nadat hy “meer en meer dreigend en aggressief teenoor die mense om hom geraak het,” het die polisie in ‘n verklaring gesê.
“Die span wat die klopjag uitgevoer het, was redelik dronkgeslaan.”
Hulle het op 35 jaggewere, 77 handgewere, ‘n G3-aanvalsgeweer en verskeie afgebreekte masjiengewere afgekom.
Hulle het ook vier onwettige messe, 100 belde vol ammunisie en duisende koeëls gevind.
Die man, ‘n ystersmid, is daarvan aangekla dat hy Duitse wapenwette oortree het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP