Bediende vas wat kind vermoor

2010-09-03 11:00
Tweets Share Share line Print

Kuala Lumpur – ‘n Indonesiese bediende wat gevlug het nadat sy daarvan aangekla is dat sy haar Maleisiese werkgewers se babaseuntjie vermoor het, is in hegtenis geneem nadat sy vir ‘n onderhoud vir ‘n nuwe werk gegaan het, het polisie Vrydag gesê.

Polisie was op soek na die 25-jarige vrou van Java nadat die 15-maand oue seun verlede week gesterf en ‘n nadoodse ondersoek op gemene spel gedui het.

Die vrou is in hegtenis geneem nadat sy ‘n familie in Kuala Lumpur genader het vir ‘n werk.

Hulle het haar herken van ‘n foto wat in die koerant geplaas was en het die polisie in kennis gestel.

“Sy het na een van die huise gegaan met ‘n plastieksak waarin klere was en het vir werk gevra,” het Abdul Jalil gesê.

“Sy het vir die familie gesê dat sy weggehardloop het van haar vorige werkgewers omdat sy nie meer vir hulle kon werk nie.”

“Die familie het opgelet dat sy baie soos die verdagte lyk wat deur polisie gesoek word in verband met die moord op ‘n baba en het ons in kennis gestel. Ons het na die huis gegaan en die vrou in hegtenis geneem,” het hy gesê.

Ná die dood van die seuntjie het die bediende glo haar werkgewer gekontak en vir hom gesê dat die kind siek geword het en bewusteloos was.

‘n Verslag van die nadoodse ondersoek het getoon dat die baba wurgmerke aan sy nek gehad het.

Hy het ook bloeding op die brein gehad, sowel as kneusmerke wat daarop dui dat hy geskop of op getrap is.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.