Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Batman-skieter 'nie mal nie, net boos'

2012-09-21 14:15
Tweets Share Share line Print

Centennial, Colorado – James Holmes, die Amerikaanse student wat in Julie na bewering 12 mense doodgeskiet en 58 gewond het by 'n rolprentteater in Aurora, Colorado, het Donderdag weer in die hof verskyn.

Holmes het dié keer met 'n gewone bruin kapsel verskyn, pleks van die helder oranje haredos wat hy met sy vorige verskynings gehad het.

Hy het met dié verskyning meer reaksie getoon as voorheen, en het 'n paar keer geglimlag en rondgekyk na sy regsverteenwoordigers en joernaliste wat oor die saak verslag doen.

Hy het sy mond beweeg, maar nie gepraat nie.

Familielede glo egter Holmes se optrede is 'n poging deur dié voormalige student van die Universiteit van Colorado in Denver om voor te gee dat hy aan 'n geestesversteuring ly.

"Hy speel net toneel," het Greg Medek van Aurora, wie se dogter Micayla, 23, in die skietery dood is, gesê. "Ek dink nie hy's mal nie. Hy's net boos."

Holmes staan tereg op altesaam 152 aanklagte van onder meer moord en poging tot moord.

Hy het nog nie gepleit nie, en sal nie pleit tot ná die voorverhoor nie. Die voorverhoor, waar regsverteenwoordigers die bewyse ter ondersteuning van hulle argumente sal voorlê, begin eers op 13 November.

Intussen het aanklaers besluit om nie meer te probeer om toegang te verkry tot 'n notaboek wat na bewering deur die verdagte aan 'n sielkundige gestuur is nie.

Die notaboek, wat in die hof se besit is, bevat na bewering beskrywings van 'n gewelddadige aanval, maar kan nie in dié stadium as bewysstuk gebruik word nie omdat dit beperkings in terme van vertroulikheid van 'n pasiënt se inligting kan oortree.

Aanklaers fokus nou op 'n afdruk van 'n handpalm wat op een van die deure van die rolprentteater gevind is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Gielman Tiwwe sê... Chris Jonker - arrogante vark. Wat weet jy van ander af? Hou jy eerder jou nuttelose inligting vir jouself. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Internal Auditor

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.