Barbara Bush verlaat hospitaal
2010-04-01 02:49
Washington – Barbara Bush, die gewese Amerikaanse eerstevrou is Woensdag uit die hospitaal ontslaan nadat sy vir ‘n paar dae toetse ondergaan het, het die mediese sentrum gesê.
Die Methodist-hospitaal in Houston het in ‘n verklaring gesê dat die 84-jarige vrou van oudpres. George H.W. Bush kon dalk ‘n klein ineenstorting van haar Graves-siekte gehad het. ‘n Kondisie waarvoor sy in 1989 behandeling ontvang het.
Volgens die verklaring was Bush praterig en dit het voorgekom asof sy al sterker en beter geword het, toe sy huistoe gaan.
Sy het Saterdag by die hospitaal opgedaag en het verskeie toetse, insluitend bloedtoetse ondergaan.
Sy het net meer as ‘n jaar gelede ‘n vervanging vir haar aorta klep by die Methodist-hospitaal ondergaan.
- Sapa-AFP