Bahrein: Polisie dryf betogers uit Pêrel-plein

2011-03-16 11:04
Tweets Share Share line Print

Swart rook borrel bo Pêrel-plein in Manama, Bahrein uit. Polisielede het minstens twee betogers in dié land doodgeskiet en talle ander gewond in 'n aanval op 'n kamp waar betogers saamdrom. (James Lawler Duggan, AFP)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Manama – Twee mense is Woensdag dood nadat sekuriteitsmagte in Bahrein op teen-regeringsbetogers, wat 'n plein in die hoofstad Manama oorgeneem het, toegeslaan het.

Honderde polisiebeamptes het met bokhael en traangas op Manama, hoofstad van Bahrein, se Pêrel-plein losgebrand om betogers ten gunste van ‘n demokrasie uit te dryf, berig Sapa.

Die polisie het op die betogers toegesak nadat die koning van Bahrein ‘n drie maande lange noodtoestand verklaar het in ‘n poging om ‘n opstand in die land stop te sit.

Joernaliste van die Al Jazeera-nuuskanaal het berig dat polisie, wat deur militêre magte ondersteun word, die betogers van alle kante aangeval het.

Polisie het vroeg Dinsdagoggend in tenks, weermagvoertuie en busse by die plein opgedaag voor hulle op die Sjiïtiese Moslem-betogers toegesak het.

Die betogers kamp al vir sowat ‘n maand op die plein uit en eis politieke hervorming.

Van die betogers se tente is aan die brand gesteek en van die ontploffings is deur gasbottels waarmee hulle kos gemaak het, veroorsaak.

Die Salmaniya-hospitaal is volgens bronne deur soldate omring en niemand word toegelaat om die hospitaal binne te gaan nie.

Die gewondes word volgens die BBC by 'n nabygeleë moskee behandel.

Menseregtegroepe berig dat skerp ammunisie in sommige dele van Bahrein se hoofstad deur regeringsmagte gebruik word.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

- SAPA

Lees meer oor: bahrein  |  opstande

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic
2006
R 195,990.00

BMW

318i (E46)
2005
R 129,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2005
R 134,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.