Bahrein veroordeel leraar wat Koran wil verbrand
2010-09-09 13:50
Manama, Bahrein – Die regering van Bahrein het die gemeente van Florida, Amerika ten sterkte veroordeel vir hul plan om eksemplare van die Koran in die openbaar te verbrand.
Volgens dié regering is dit ‘n vernederende aanval op pogings vir kommunikasie tussen gelowe.
‘n Verklaring van die ministerie van buitelandse sake in Bahrein is van die eerste veroodeelings in die Arabiese lande teen dié beplande verbranding van die Islamiese heilige boek.
Dit kom nadat die leraar van dié gemeente van Florida volhou met dié plan van verbranding.
Volgens David Petraeus Genesis, ‘n NAVO-bevelvoerder in Afganistan is hulle bekommerd dat dié plan Moslem-ekstremiste gaan opstook.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP